Prokureurs sedert 1970
Direkteure

Ons benadering tot diens
Ons volg 'n spanbenadering ten opsigte van groot opdragte.

Die spanne is klein en word bestuur deur 'n senior regspraktisyn wat aktiewe beheer oor elke projek handhaaf.

Om doeltreffende en realistiese   omkeertyd te verseker word werk hanteer in ooreenstemming met tydlyne waarop ooreengekom of wat voorgeskryf is
.
Kliek vir meer inligting
Kliek vir meer inligting
Kliek vir meer inligting
Kliek vir meer inligting
 Le Roux, NJ
     Hill, GAG
     Smit, GJ
           
NICO LE ROUX
NICO LE ROUX

Nico het in 1979 'n BA LLB-graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy is in 1985 as prokureur toegelaat, en het die reg op verskyning in die Hooggeregshofof.

Nico se loopbaan sluit in poste as senior aanklaer in Upington, streekshofaanklaer in Kimberley en staatsadvokaat in die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging in KwaZulu-Natal. Hy is sedert 1987 'n direkteur van Miller Bosman Le Roux, waar hy spesialiseer in hooggeregshof litigasie.

Nico het deurentyd by die akademie betrokke gebly deur sedert 1993 deeltyds klas te gee vir kandidaatprokureurs, en deur sy verbondenheid as deeltydse dosent en eksaminator aan die Universiteit van Kaapstad se Skool vir Regspraktyk. As lid van die Prokureursorde se Hooggeregshofkomitee, is hy ook 'n eksaminator vir die prokureurstoelatingseksamen.

As 'n kranige sportman, is Nico 'n voormalige voorsitter van die Strand Tennisklub, het hy al die Comrades en die Twee Oseane-marathon gehardloop, en aan die Cape Argus-fietrytoer deelgeneem. Hy is 'n lid van die Westelike Provinsie Rugbyskeidsregtersvereniging.

Nico dien die gemeenskap as 'n lid van verskeie skool- en kerkkomitees, en as 'n kommissaris van die hof vir klein eise.

Hy en sy vrou Ragie het twee kinders, Mari en Johan.

 

Email : mblh@mblh.co.za   Tel: +27 (0)21 840 8000



WebDzine