Prokureurs sedert 1970
Direkteure

Ons benadering tot diens
Ons volg 'n spanbenadering ten opsigte van groot opdragte.

Die spanne is klein en word bestuur deur 'n senior regspraktisyn wat aktiewe beheer oor elke projek handhaaf.

Om doeltreffende en realistiese   omkeertyd te verseker word werk hanteer in ooreenstemming met tydlyne waarop ooreengekom of wat voorgeskryf is
.
Kliek vir meer inligting
Kliek vir meer inligting
Kliek vir meer inligting
Kliek vir meer inligting
     Hill, GAG
     Smit, GJ
           
GRANT HILL
GRANT HILL

Grant het in 1982 'n BA LLB-graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal, en in 2002 'n nagraadse diploma in maatskappyreg aan die Universiteit Stellenbosch.

Nadat hy sy nasionale diensplig as regsoffisier by Youngsfield voltooi het, het Grant sy leerklerkskap by die prokureursfirma Syfret Godlonton Fuller-Moore gedoen. In 1987 is hy as prokureur en aktebesorger toegelaat. Een jaar later is hy as 'n notaris van die Hooggeregshof toegelaat.

Grant het in 1989 by Miller Bosman Le Roux aangesluit, en is sedert 1992 'n direkteur van die firma. Hy is tans die senior vennoot in die eiendomsreg-afdeling, met kundige ervaring in alle aspekte van eiendomsreg, aktebesorging, notariële praktyk en maatskappyreg.

Grant dien as ondervoorsitter van die Helderberg-tak van die Instituut vir Eiendomsagente.

Hy is getroud met Rene en hulle het drie kinders, Ceri-Anne, Michael en Gregory.

 

 

 

 

 

Email : mblh@mblh.co.za   Tel: +27 (0)21 840 8000



WebDzine